Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL NUUS SONDAG 27 JULIE 2014

Goeiemore en welkom, jy kan nou luister na die weeklikse nuus uitsending van die Suid Afrikaanse Radio Liga gelees deur ________________________ (naam, roepsein en QTH waar toepaslik). Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag om 08:15 plaaslike tyd 'n nuusbulletin in Afrikaans en om 08:30 plaaslike tyd in Engels uit op HF en verskeie BHF en UHF herhalers landswyd. Vir Echolink luisteraars is daar ‘n herleiding deur ZS6JPL

Hierdie oudio bulletin kan afgelaai word vanaf die SARL se webblad by www.sarl.org.za ‘n Teksweergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook van hierdie webblad afgelaai word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e pos te ontvang.

Let asb daarop dat alle web en epos adresse slegs in die gedrukte weergawe van die bulletin sal verskyn en nie tydens die oudio nuus gelees sal word nie.


IN VANDAG SE HOOFTREKKE

DXCC BESTUURDER IN BAIE ERNSTIGE ONGELUK
RADIO AMATEURS NIE BEWUS VAN VHF , UHF EN MIKROGOLF INFORMASIE
SARL HF FOONKOMPETISIE
SARL INTECHNET SWAK ONDERSTEUN

** Die ARRL DXCC bestuurder Bill Moore was 2 weke gelede in `n baie ernstige motorongeluk. Sy nek is gebreek in die ongeluk en hy is nou verlam van sy bolyf af ondertoe. Na wat berrig word sal sy herstel moeillik en stadig wees. Bill word verpleeg in die Mount Sinai Rehab Hospital in Hartford. Bill sę hy sal graag van sy vriende wil hoor. Kaartjies en goeie wense kan gestuur word aan 92 Resevoir Rd , Newington, Conneticut VSA. CT 0611.


** Met skok en nog `n groter verrassing het dit tot die SARL se ore gekom dat Suid Afrikaanse radioamateurs nie bewus is van die SARL BHF, UHF en Mikrogolf DX rekord informasie wat al vir baie jare opdie SARL webblad verskyn nie. Stel jy belang om daarna te kyk, klik op General Info en dan op Local Information op die tuisblad gevolg deur BHF /UHF /SHF / EHF SA Records en BHF /UHF Microwave SA Records 30 Junie 2013. Die SARL records sluit die volgende bande in nl. 50 ,70,144 en 432 MHz asook die volgende frekwensies in die GHz band nl. 1.3 , 2.3 , 5.7 , 10 ,24 en 47 Ghz.

Inligting van wereldrekords is beskikbaar van die IARU vir afdeling 1 , ARRL afdeling 2 en in afdeling 3 van die Wireless Institute of Australia. Die doel van die BHF , UHF en mikrogolf rekordtabelle is om aan te toon hoe verskillende lande ontwikkel het in radiotegnologie. Dit is ook `n manier om amateurs uit te lok om mede amateurs se rekordpogings te breek.


Jy is ingeskakel op ‘n nuusbuletin van die Suid Afrikaanse Radio Liga gelees deur __________________(Naam en Roepsein) en ons vervolg nou met liga sake

** Aansoeke om lidmaatskap van die SARL is van die volgende radioamateurs ontvang:
Steven James Cage ZS1BBG (heraansluiting);
Matias Mafana Haru en
Callie du Preez.
Enige besware teen die aanvaarding van lidmaatskapaansoeke moet die Sekretaris bereik voor of op die Dinsdag na hierdie bulletin.
Tot hede het 1027 lede reeds hulle lidmaatskap hernu.

** Die SARL INTEGNET het op Dinsdagaand 22 Julie plaasgevind. Dit was di kans watjy gehad het om die afgevaardigdes van raad te bedien oor hoe hulle moet stem tov verskillende items op die agenda. Die deelname van lede was egter baie teleurstellend. Die raad beveel dus aan dat klubs die agenda van die IARU gedurende hulle klubbyeenkomste ter tafel neem , dit bespreek en terugvoer gee aan die SARL voor die einde van Augustus.

Die drie afgevaardigdes wie die SARL sa lverteenwoodig is Geoff Levy ZS6C , Rassie Erasmus ZS1YT, en Riaan Greeff ZS4PR.

Die agenda stukke kan afgelaai word van “www.iaru1con2014.bfra.bg. Hartlike dank aan die amateurs wie die moiete gedoen het om aan die besprekingdeel te neem.

** SARL Jeugnet vind ook op 3 Augustus plaas. Die volgende SARL Jeugnet sal op 3 Augustus om 15:00 op 7 070 kHz gehou word. Klubs word uitgenooi om hul klub-stasies te aktiveer en die jong mense te fasiliteer ten einde by die net aan te sluit. Die doel van die net is om jong mense bymekaar te bring. As jy nie in die jeugkategorie is nie, gee asseblief die jongmense 'n kans deur nie by die net aan te sluit nie, maar deur net te luister.

** Die tyd raak nou min om te bespreek vir die SARL RADIOTEGNOLOGIE SIMPOSIUMS in Gauteng. Soos alreeds verlede week aangekondig sal Tony Voorveld ZS6CCD weer die hoofspreker wees met sy aanbieding van “THE MAGIC LAMPS”.
Tony sal gedurende die aanbieding die onstaan van die radiolamp en die eksperimentering deur Thomas Edison asook die ontwikkeling van die diode , triode , en X-strale buis wat die deur vir moderne industrieële elektronika geopen het.
Op 23 Augustus vind die RTA plaas in Pretoria en op 13 September in Pretoria.


** IS JOU SARL LIDMAATSKAP AL HERNU.
Jou SARL lidmaatskap was alreeds betaalbaar op die 1 ste Julie. As jy nog nie jou hernuwing gedoen het nie gaan handeldie saak gedurende die naweek af. Is jy nie jou rekening kan vind nie skakel asb. Maandag vir Vonnie by die SARL kantoor op telefoonnommer 011-675-2393.
** Die SARL HF Foon kompetisie lui die CQ Suider-Afrika reeks in Augustus in. Die HF Foon kompetisie sal gehou word op Sondag 3 Augustus vanaf 13:00 tot 16:30 UTC met aktiwiteite op 20, 40 en 80 meter. 'n RS-verslag en 'n opeenvolgende reeksnommer wat by 001 begin word uitgeruil. Deelname kan as 'n Enkel-operateur enkel band; Enkeloperateur alle bande; Multi-Operateur enkel band of 'n Multi-Operateur alle bande wees. Foon kontakte tel 1 punt, tel twee punte by vir elke roeparea op elke band en tel 2 punte vir elke stasie gekontak op al drie bande. Daar sal 'n gelukkige trekking wees vir 'n ARRL Antennaboek ter waarde van meer as R900,00. Om deel te neem, moet 'n deelnemer 'n log indien met 'n minimum van 15 kontakte. Kry die volledige reëls in die SARL Kompetisiehandboek.

Ons bulletin staan nou einde se kant toe maar voor ons afsluit kyk ons na die HF voortplantingvoorspelling deur Hannes Coetzee ZS6BSP en Hannes berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan wees. Daar is nie veel van 'n kans vir ernstige sonfakkels nie.

Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 80.

Amateurs gaan die drie DX-bande van 20 tot 15 m geniet met 20 m wat die beste openinge gaan oplewer terwyl die 15 m net 'n kortkop agter behoort te wees.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

LAASTENS ONS DAGBOEK VAN GEBEURE :
SARL HF FOONKOMPETISIE 3 AUGUSTUS VAN 13:00 tot 16:30 UTC
SARL JEUG NET OOK OP 3 AUGUSTUS OM 15:00 OP 7070 KHz
SARL IARU TERUGVOER VOOR EINDE AUGUSTUS 2014
EN DIE RADIOTEGNOLOGIE IN AKSIE SIMPOSIUMS OP 23 AUGUSTUS EN 13 SEPTEMBER
Ons sluit vanmore se bulletin af met ‘n terugblik op die hoofberig: Die ARRL DXCC bestuurder Bill Moore was 2 weke gelede in `n baie ernstige motorongeluk. Kaartjies en goeie wense kan gestuur word aan Bill Moore, 92 Resevoir Rd , Newington, Conneticut VSA. CT 0611.



Dit bring ons dan aan die einde van hierdie Suid-Afrikaanse Radioliga nuusbulletin, vind meer uit oor hierdie en ander nuus deur die SARL se webtuiste te besoek.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 Plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082, 7 205 en 17 660 kHz 'n potgooi deur Dick, ZS6RO en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor die land
'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 3 230 kHz plaas.
Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za.
Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

Die SARL se nuusdiens nooi klubs en individue om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaansop die webtuiste onder die newsinbox skakel nie later as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan nie.

Ons benodig ook voortdurend die dienste van bekwame nuusopstellers, vertalers en proeflesers. Indien jy kan behulpsaam wees met van hierdie take kontak asseblief die sekretaris van die SARL deur epos aan secretary@sarl.org.za

En daarmee kom ons aan die einde van hierdie nuusuitsending van die Suid Afrikaanse Radio Liga saamgestel en geredigeer deur Johann du Plessis ZS6PSS

Die Afrikaanse nuusspan groet nou en wens u 'n mooi week toe. Totsiens

/EX



Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003